Posted by: schabbers | April 10, 2011

As ek aan jou dink …

LIRIEK

As ek aan jou dink fluit

die blomme tropies

soos bont voëls in die bome

die berge kom huis toe

en die getye gehoorsaam jou naam

 

As ek aan jou dink val

hale sonlig deur al my vensters

die houtvloer boots blink

jou voetval na

en die kat frons soos weerlig

 

As ek aan jou dink snags

brand die stad in my venster

ja, en September se blou oë

volg jou deur alle stede

 

JOHANN DE LANGE

Uit: Die mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte




Responses

  1. Sjoe, dis mooi woorde!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: