Posted by: schabbers | Mei 10, 2011

Uit hart op ink

Daar is ʼn boek, gevul met stories

vol van vreugde en hartseer.

En elke mens tik, tik, aan die boodskap

om die eensaamheid te trotseer.

Dit vertel die verhale van die liefde.

Woorde wat verink op papier.

en van hoe alle skrifte kan verletter

om die klanke van die hart te versier

en soos ʼn kersvlam wat brand in die wind

word skrywers se hoop aan woorde verbind

So word die pad van liefde deurgetrap

met spore wat vergaan.

Die tekens word gevolg, vermy

om die Cul-de-sac

van die liefde te verstaan.

Daar is ʼn boek, gevul met stories

vol van vreugde en hartseer.

En blindelings met vrees of bravade

word  hierdie manuskrip

uit hart op ink gepubliseer.

Ronell Erwee

Uit die kabaret:  UIT HART OP INK

 

 

 

 

 

 





Responses

  1. magtag…dis nice. ek het dit oor en oor gelees tot die verstaan diep in my kom nesskop het


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: