Posted by: schabbers | Mei 30, 2011

Spoorloos

ek soek jou op die stasie

en ek soek jou op die trein

ek soek jou in herinnerings

in die newels van my brein

ek soek jou in die laaste sluk

van my laaste bottel wyn

ek brand vir jou ‘n spierwit kers

in die naaste katedraal

ek plak ‘n poster met jou foto op 

teen elke hoek en elke paal

ek soek jou deur die gitswartnag

totdat die son weer begin skyn

Ek soek jou in die ritsel 

van ‘n tolbos op die strand

ek soek jou op die vlaktes

van die Kaapse agterkant

ek soek jou in sprokies

van liefde en van pyn

ek soek jou in die kamer

en ek soek jou in die gang

ek soek jou in die kiekies

wat teen my mure hang

ek soek jou in die reuk

wat in die lakens agterbly

….. maar jy het spoorloos verdwyn

Op die cd:  SPOORLOOS  deur Eckhard Potgieter

Geskryf deur:  Eckard Potgieter en Jan Blohm


Responses

  1. Ek gaan uitkyk hiervoor, ek is ‘n groot JB fan!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: