Posted by: schabbers | Junie 1, 2011

Valiant Swart se Toorwoorde

die skoene moet jy dra

al die paaie wat jy loop

al die draaie wat jy stap

al die strikke wat jy aftrap

al die grond wat jy koop

gaan sit in jou knieë

en die klere aan jou lyf

en klou aan jou treë

en trek jou rieme styf

al die spoke wat jou jaag

al die spore wat jy trap

elke keer wat jy ontsnap

elke hek wat jou vertraag

skiet wortel in jou bloed

en rank tot in jou vuis

en klou aan elke voet wat jou dra tot by die huis

jou verlede

klou verbete

aan die vensters van jou gewete

al is jou spore vergete

al is jou sole verslete

al is die pad lank en swaar

dié skoene moet jy dra!



Responses

  1. Baie treffend!

  2. Hi, ken jy Hanru Niemand se lirieke? http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&news_id=50558&cause_id=1270

  3. Jy weet darem net waar om die mooiste woorde te gaan haal🙂


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: