Posted by: schabbers | Junie 8, 2011

TT Cloete se liefdesgedig

Daar is al baie liefdesgedigte geskryf, maar hierdie een deur TT Cloete bly vir my persoonlik die mooiste.

Hy het dit al jare gelede vir sy vrou, Anna, geskryf en verskyn in sy  digbundel  MET DIE AARDE PRAAT (1992).

Ek dink die mooiste kompliment wat hy haar nog ooit gegee het, was toe hy op die BOEKE-OASIS 2010 by AARDklop oor haar en oor sy nuutste digbundel (in daardie stadium – UIT DIE WIT LIG VAN MY LAND GESNY) gepraat het en gesê het sy was die digter IN hom.  Na haar dood 4 jaar gelede kon hy slegs 9 nuwe gedigte skryf wat in dié bundel opgeneem is.

Anna

In die ryping van ons jeug

het ons mekaar met die Prediker verheug.

En nou al meer en meer vel en been  sonder

vleis is ons saamhoort ‘n groeiende wonder.

Baie van die rypword het ek vandag

vergeet en ons smoorverlief se smoor

is lankal oor en baie van ons saamlag,

maar ek het nog fragmente daarvan oor

in my onthou.  Ons het saam in ‘n helder son

in a somer sesoun, whan softe was the sonne

in Brugge geloop.  Ek onthou die carillon,

Gezelle se huis, gragte met swane

en Villon en Carcassonne

en ‘n mooi skildery van ‘n courtisane

in die Louvre, maar van alle onthou 

van my en van jou onthou ek jou

helder langs my, in profiel langs my

oral uit die wit lig van my land gesny.

Daar is jy in ‘n fyn helder omtrek

dit in die helderste helder hou ek 

teenaan my.

Ek herken jou voetstap in ‘n besige straat

in ons dorp van baie ver.  Die beste het gebly.

Ek hoor jou stem sonder dat jy praat.

Kyk ek sonder jou, is daar skille

oor my diep oogkasse, ek

kyk sonder pupille.

Ek soek jou omtrek om my getrek,

ek soek jou in die appel van my oog.

Kyk ek na die melkweg, in die gras,

in die water, na die boog

van die aarde, altyd iewers is jy ingepas.

Tydens die Woordfees 2011 is daar ‘n huldigingslesing vir prof TT gehou en Elizabeth Frandsen het dié gedig gesing, getoonset deur André Strijdom uit die program IN TAAL GETATOEëER.  Dit is later by AAN DE BRAAK TEATER op Stellenbosch verfilm.

Dis die mooiste mooi!!!!!

Kopiereg: Gedig – TT Cloete
Kopiereg: Musiek – André Strijdom
Texture Music
Kopiereg: Video – Liezel Els


Responses

  1. Werklik treffend en mooi!

  2. […] TT Cloete se liefdesgedig: “Anna” […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: