Posted by: schabbers | Julie 27, 2011

Van de liefde die vriendschap heet

ek hoef jou naam

uit eerbied nie te noem nie

dié liefde met sy duisende gedaantes

voer gesprekke in die stemtoon meer

as met die woorde

ons het van weerskante geweet

en sonder afspraak daar was nooit

‘n sprankie van romanse nie

net met ‘n groet het ons mekaar

se hande aangeraak            skaars meer as dit

ek het oor afstand liefdevol

aan jou gedink met iets soos van ‘n agape

hoe nodig het ek jou gehad

as iemand wat my hart kon lees

gedigte het vir jou ‘n geur gehad ‘n feromoon

jy kon dit soos ‘n mot ‘n blom

met voelers in ‘n hart se donkerte aftas

hoe treur ek onbedaarlik oor jou dood

jy een van dié wat nie vóór my moes gesterf het nie

wie agterbly sterf ook ‘n dood

hoe ongetroos verlang ek steeds na jou

soms het jy wéggekyk ver weg terwyl jy praat

my naam genoem asof dit in ‘n vers inpas

“ek praat met jou oor jy wéét wát”

en die gesprek geaborteer

dit was genoeg       dit was voldoende

dit was oorbodig in dié vreemde wonder

van die liefde wat ons vriendskap noem

TT CLOETE

Uit sy nuutste digbundel:  ONVERSADIG


Responses

  1. Het jy die artikel in Leef gesien van hom?

  2. Wow, dit is hartroerend!

  3. hoe mooi is : “wie agterbly sterf ook ‘n dood”

  4. Sjoe!

  5. Ek wil net se’ hoe Roer di storie my regtig.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: