Posted by: schabbers | Augustus 11, 2011

Die mans in ons lewens

Miskien was dit die manier waarop hy sy kleuterdogtertjie op sy skoot getel of haar taai handjie in syne toegevou het…….maar skielik was daar die gedagte aan die mans in ons vroue se lewe wat op die een of ander manier aan ons lewens gestalte gee.

Aan die oupas wat hul kleindogters koester en terg en tyd bestee om saam met hulle na liewenheersbesies te kyk, wil ek hulde bring.

Ook aan dié wat Skype en die internet onder die knie moes kry en wat nooit ‘n voornemende kêrel in ‘n verre land sal kan vra:”Nou maar van watter Van der Merwes is jy, meneertjie?”  Mag hul kleindogters altyd weet waar is hul oorsprong.

Op al die pa’s wat ondanks ‘n dag se harde werk tyd inruim om hul dogters te karwei, buite aantrekhokkies te talm, opgewonde kan raak oor ‘n netbalwedstryd en boonop weet nie net Red Bull het “wings” nie, klink ek graag ‘n glasie.

Vir dié wat ‘n motordeur vir sy dogter oopmaak en haar dit gun om van ‘n ingenieur tot ‘n haarkapper te word, vir hulle sleep ek ‘n kas wyn nader.

Al die stiefpa’s wat hul lewensmaats se dogters soos hul eie grootmaak en elke mylpaal meemaak, is ‘n aanwins vir die gemeenskap.

‘n Kado’tjie aan al die motorwerktuigkundiges wat die binnewerkinge van ‘n engin aan ons vroue kan verduidelik sodat dit nie Grieks klink nie en daarby nie onnodig karring aan wat nie gebreek is nie.

Dieselfde aan ginekoloë wat sulke eienskappe openbaar.

Verkoopsmanne in ysterwarewinkels wat presies weet wat is daardie dingetjie wat ons soek wat só lyk en sus maak, kry volpunte in my boekie.

Alle buurmanne van enkellopende vroue wat al noodroepe beantwoord het om spinnekoppe dood te slaan, lekkende krane reg te maak of ‘n kind of kat uit ‘n boom moes red, verdien net die hoogste lof.

En op alle  mans drink ek ‘n heildronk wat nie bang is om rigting te vra nie, asook op dié wat hulle weerhou daarvan om op- en aanmerkings oor vroue se lywe te maak.  Veral as hulle self rugbybroeke dra en ‘n boep het.

Vir ons minnaars, ons mans, sal ons vroue kerse aansteek.  Want dit is hulle wat ons vroegdag weerloos sien, nog ongepantser teen die dag.  Hulle ken ons woede, ons weerloosheid, ons moedeloosheid, ons dapperheid. Hulle is soms stil saam met ons.  En lees ons siel.

Soms is dit net genoeg om hul arms om ons te voel.

Uit: Beeld-deurloop 11 Aug 2011

Geskryf deur:  Annemarie van der Walt 


Responses

  1. Darem IEMAND wat mans waardeer🙂

  2. Nee, Leon, darem TWEE. Die skrywer van die stukkie en ek – die leser daarvan omdat ek aanklank daarby gevind het. Maar LET WEL: dis nie ALLE mans wat waardeer word nie – net sekeres wat soos hierdie mans is!!!!! En ek dink nogal jy tel as een, anders sou jy nie geblog het nie en definitief nie oor die goed waaroor jy wel blog nie (en deur my gelees word nie)

  3. Lees dit en wil my oppppppphuil…….soooo bly daar IS nog sulke mans…DIE wat hul het……jul’s sooooo gelukkig…..koester ELKE oomblik saam!!!!

  4. Hierdie is SO mooi. ‘n Standbeeld vir daardie mans, n medalje vir daardie soort mans. Dankie maatjie😉


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: