Posted by: schabbers | September 8, 2011

‘n Boer in ballingskap

soms
as die grys reën
natkombers om my draai
mis ek
die soel somersaande in gordonsbaai

soms
as die sneeu
pragwit teen die heuwels vlok
mis ek
namakwaland se bonthelder lenterok

soms
as ‘n kakofonie
van hangul hiërogliewe
op my ore val
mis ek
die warm klanke
van my grootwordtaal

my st helena
jou ceylon
struikel
strompel
stap
al verder van die suidlandson

ek is ‘n boer in ballingskap

 

Is dit nie verskriklik baie mooi nie?

Ek lees dit vandag op Boer in ballingskap se blog en dis is vir my seermaakmooi!

 

 


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: