Posted by: schabbers | September 26, 2011

My reistasse

My eerste reistassie

op ouderdom vyf

het ek elke dag saamgedra.

Vreemd genoeg, nooit weggeloop

met hierdie boksbruintassie.

Daarin was toebroodjies, ‘n pen

en een van my pa se boeke,

nogal ‘n roman van Graham Greene.

 

Later sou ek ver reis.

Van my ouerhuis met ‘n bloedrooi stel vinieltasse

op die Trans-Karoo.  Die vanity case, eerste oorbodig,

soos ‘n hoededoos.  My klere gemakliker en losser.

En die reistasse sou vir ‘n universiteitsvakansie vele boeke

vir ‘n somer op die Hoëveld borg.

 

‘n Leertas in Griekeland,

‘n ekstra sak in Amsterdam wat ruik na jenewer,

‘n gekleurde Benetton (geskenk van ‘n minnares),

‘n duur state of the art-tas wat ‘n ander een abba

sou oor verre oseane, gebergtes met my reis.

 

In Egipte sou ek woedend aanskou

hoe ‘n werker my leertas in rooi sand neersmyt;

of onthuts besef iemand het ‘n kamera uit my sak geskaai.

Nooit ‘n tas verloor

of toegelaat dat iemand vir my

tas dra.  Dikwels weggereis

om iemand uit my hart te weer.

 

Op die shinkansen met die abba-tas

op die rug pendel ek van Tokio na Kioto na Osaka.

Deur Suid-Amerika 

met ‘n nylonsak.  Koop na vyf weke

splinternuwe klere in Rio de Janeiro.

 

In elke tas of sak

‘n potlood en notaboek

vir die neerpen van ‘n verdraaide raaisel.

Oor hierdie geslote baan

veelvuldig gedig.

 

“Travelling light” my motto

al was die hart hoe swaar.  Soveel hemde,

broeke pas netjies presies in die tas se lyf:

amper nes ‘n mens se bont binnegoed.

 

Vreemd ook, geen tas ooit weggegooi

al is dit hoe verslete

want daardie tas is soos ‘n dagboek,

‘n momento,

‘n opgaarder van al my drome,

‘n afgief van helder herinneringe:

soos die geheime onbewuste.

 

Geskryf deur:  Joan Hambidge in die bundel KLADBOEK


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: