Posted by: schabbers | November 8, 2011

Nataniël oor doodgaan…

“Ek het gedog ek kry ‘n hartaanval.  Alles het ophou funksioneer in my liggaam.  Uitbranding is by my gediagnoseer.  Want ek het 24 jaar laas ‘n vakansie gehad.  Omdat ‘n vakansie my verveel.  Tensy dit iets is wat so vreemd is of so exciting is…..maar daai van gaan sit op sand of tan op ‘n klip….Uh-huh……

Ek het vir my ‘n voltydse sjef aangestel, want hy moes my dwing om gereeld te eet.  Ek maak net kos om te entertain of as ek ‘n nuwe boek skryf.  Ek is te lui, een mens kook nie vir homself nie.

Ek wou nie slaap nie, my lewe is te kort, maar ek móét nou.  So ek slaap.  Ek trap my fietsie.  Doen my push-ups.

Ek gaan sit in my tuin.

Ek het gedink my naam is Nataniël – ek is cute, ek kan nie siek raak of doodgaan nie.

Maar die oomblik wat dood by my ingesink het, was toe Elizabeth Taylor dood is.

Toe het ek die eerste keer in my lewe besef – as Elizabeth Taylor – wat sewe parfuums uit het, én diamante het én world famous is – kan doodgaan, dan gaan ek ook.  Niks anders voor die tyd het my oortuig daarvan nie.

Ek weet nie wat ek gedink het nie.

Ek was in my agterkop oortuig die Here gaan ons kom haal voordat ek doodgaan.  Ek gaan nie uit ‘n graf uit opstaan nie.

Ek klim net van my huis af op die wolk.

Ek was oortuig dat die dag as die Here ons kom haal, ek nog by gaan wees.  Ek moet net maer genoeg wees dat ek op die wolk kán klim.

Dis al wat my geworry het.

Toe nou nie……”

 

 

Uit ‘n gesprek met Anim van Wyk in Beeld se rubriek ONDER VIER Oë


Responses

  1. My ouma sou gese het ; ” Nou daar het jy dit ….. “


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: