Posted by: schabbers | Maart 15, 2012

Liefdeswens

vir jou

       wens ek ʼn winterhawe

       ʼn skuilplek

       teen die storms van die hart

  vir jou

       wens ek ʼn toevlugsherberg

       ʼn vesting

       teen die aanslae van die gees

want die lewe bly ʼn soektog

               na ʼn betekensryke bestaan

               ongekaart en grensverskuiwend

               met net die liefde voor as baken

               want wense is mos drome

               wat die hart akuut kan skaad

               met wonde wat nooit genees nie

 

 vir jou

       wens ek kolomme vrede

       onmeetbaar

       soos die radius van tyd

  vir jou

       wens ek eindelose vreugde

       helder brandend

       soos die kern van ʼn son

 

  want die lewe bly ʼn soektog

               na ʼn betekensryke bestaan

               ongekaart en grensverskuiwend

               met net die liefde voor as baken

               want wense is mos drome

               wat die hart akuut kan skaad

               met wonde wat nooit genees nie

 

 

UIT DIE KABARET:  DIE GRAMMATIKA VAN LIEFHê wat pas gedebuteer het by die Woordfees op Stellenbosch.

Geskryf en getoonset deur André Strijdom.

 

© ANDRé STRYDOM

TEXTURE MUSIC

 

 

 

Dit is HUILMOOI!!!!


Responses

  1. Pragtige woorde! Sjoe!

  2. Dit is baie mooi gesê!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: