Posted by: schabbers | Maart 21, 2012

Suiderkruis Mis

WONDERBAARLIK GROOT

Hoe groot is U

Hoe groot is U

‘n Spiralende Heerlikheid

‘n Glansryke Majesteit

Hoe groot is U

Hoe groot is U

‘n deurdringende Regverdigheid

U magtige Koninkryk

U wat biljoene sterrestelsels  uitblaas in een asem

U wat planete vorm perfek uit stof en as

U wat oseane vul met water,

van brandende lawa berge maak

Hoe groot is U

Hoe groot is U

U wat selfs, Uself, ontferm oor my.

hoe wonderbaarlik

hoe onbeskryflik

‘n onmeetbare Heiligheid

U alomteenwoordigheid

U skeppingsdade

U groot genade

U seën ons met oorvloedigheid

U groot barmhartigheid

daarom sal alles wat asem haal U naam erken

daarom sal alles wat lewe U Grootheid bly besing

U wat van Alfa tot Omega, van klein tot groot volmaak verstaan

Hoe groot is U

Hoe groot is U

U wat selfs, Uself ontferm oor my,

 

 

Een van die mooiste liedere wat gesing is deur LEROY NEL (van FOTO NA DANS) in die SUIDERKRUIS MIS.

 

Die Suiderkruis Mis se eerste opvoering was op 6 Maart 2012 op die Woordfees.  Dis is die skepping van die komponis André Strijdom wat ook as dirigent die 37 musikante op die verhoog gelei het.

Gebaseer op die tradisionele vyf dele van die Katolieke Mis, gebruik André Strijdom herkenbare en geliefde Suid Afrikaanse musiekstyle om ‘n feestelike werk te skep waarin hy  toon hoe die verskillende unieke kulture van ons land hande kan vat om ‘n kleurvolle saamgebonde mosaiek te vorm.

Musiek-elemente soos die luisterlied, FAK-volksmusiek en heerlike township-jive / mbaquanga en  rock neem die luisteraar op ‘n meesleurende reis deur Suid-Afrika se mense en laat mens weer opnuut glo dat vreedsame samesyn en meelewing tog ‘n moontlikheid kan wees.

Met twee rock soliste, vier klassieke soliste koor, strykkwartet en rockband en ‘n praise singer beloof hierdie werk ‘n buitengewone ervaring vir die gehoor.

Hierdie pragtige werk spel nét een ding: UBUNTU.

Cast sover:

Dirigent:        André Strijdom

Rock solis 1 : Francois van Coke

Rock solis 2 : Leroi Nel

Sopraan:       Ellenoré van As

Mezzo:          Annalie Herbst

Tenoor/Bariton : Riaan Hunter

Lead guitar:   Basson Laubscher

Bass:             Beitel vd Merwe

Dromme:       Hugo Brand

Percussion:    Pierre Theron

Violin:            Wilken Calitz

 

 

Video deur: Anne-Marie Taylor

© André Strijdom:  TEXTURE MUSIC

 


Responses

  1. Pragtige plakkaat.
    En ek is mal oor die kaal voete !! (Op die foto’s.)


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: