Posted by: schabbers | Maart 31, 2012

Die hart is oorbodig

soms is die hart

‘n vergaderplek van drome,

soms is die hart

‘n vergaderplek van pyn

somtyds sal dit stilstaan

as dit juis sy klop moet gaan

somtyds sal dit bloedsomloop

as dit juis stil moet staan

somtyds is die hart ‘n versperring

sonder hart

 

maar as ek in jou oë kyk

vind my hart ‘n wentelbaan

 na die beelde in jou hande

 na die velde van jou bors

 na die juwele in jou are

 na die kaarte van jou siel

 

 die hart is oorbodig

 want liefde is volop by jou

 want jy’s soos somer

 ‘n winterhawe

 soos velde na die reën

 en die hart is oorbodig

 want liefde is volop by jou

 ja, die hart is oorbodig by jou    

                      

© André Strijdom

 


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: