Posted by: schabbers | April 13, 2012

Ode aan ‘n fotograaf

die vroue wat blomme verkoop

die oë van die vlugtelinge wat slaap buite binnelandse sake

die seuntjie wat speel in die son

en die brandende bande in die township die volgende dag

die weerlig teen tafelberg in die nag

die groenpuntstadion en die werkers wat staak

die krietketspelers op die lughawe

die haweloses onder die brug

die marimbaspelers in die amfiteater by die waterfront

en die beeld van ‘n geweer met ‘n geknoopte loop

die koringlande van die overberg

die perlemoenstropers by hawston en hermanus en gansbaai

die nagvlamme in die berge by stellenbosch en die lig

in die brandweermanne se tam oë

die dansers wat praat met bewegings

die gebalde vuis van die revolusie

die mynwerker se hande

die palestynse hector pieterson

 

as ‘n foto ‘n duisend woorde is

hoeveel boeke het jy nie al geskryf nie

 

die lig was perfek daardie aand

(want dit is wat fotograwe dryf

die soeke na die perfekte lig)

hoe mooi was die son nie oor die see

die dag wat sterf word altyd afgeneem

maar die eerste lig word te dikwels verswyg

hoe m0oi was die son nie oor die see

 

en die lig was perfek daardie aand

 

UIT:  DIE LAASTE FOTO

geskryf deur Pieter W Botha

Versindaba 2010

Soos verskyn in POMP 2012

Foto’s geneem deur:  Liézel Els

www.li3zel.com

 


Responses

  1. Pragtig!

  2. […] ‘n Mooi blog van ‘n mooier vriendin – waar die mooiste woorde gebêre word […]

  3. […] ‘n Mooi blog van ‘n mooier vriendin – waar die mooiste woorde gebêre word […]

  4. Die goed waarvan jy hou en die foto’s is allermooi. Ek sal weer kom inloer.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: