Posted by: schabbers | April 17, 2012

www

Dis Facebook, en dis Twitter

Pinterest en blogs

Daar’s YouTube, Google plus

Mxit en Skype

Chat sites en BBM

Woorde in die ruimte in

Weggewaai in www

Kuberseks, ruimte soene

Niks werklik nie, niks tasbaar nie

Geen warm lippe, geen lyfkontak

Net koue, kliniese ronde gesiggies

wat soen en druk en tong uitsteek en oë rol

So word die mure om ons hoër

die kokonne dikker

die eensaamheid eensamer.

Niemand sien meer die seer in ander oë

want ons wis mekaar uit

met die druk van ‘n knoppie

tot die volgende leë, koue hello

van agter ‘n vierkantige wegkruipplek.

 

Geskryf deur: Kouevuur

http://kouevuur.wordpress.com

 

Dankie Son/AM – vir hierdie voortreflike woorde!  Dis woorde soos hierdie wat ek graag in my elektronies dagboek bêre.  Vir my mag sulke waarhede wat iemand kwytraak, nie verlore gaan nie.

 

 


Responses

  1. Dankie vriendin!😳


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: