Posted by: schabbers | Mei 14, 2012

As musiek begin speel

Hulle sê ons moet glo

net soos die kinders

So is hierdie lewe dan net vir beginners?

Seuntjies word manne

en gaan sit dan in ‘n kroeg

en lyk moeg

My seun, jy moet luister as ek vir jou sê

jy gaan eendag moet veg

met als wat jy het

Soms gaan jy voel

wat is die doel

Genoeg is genoeg

Ek wil hê jy moet saam sing

as musiek begin speel

en dans in die somer se reën

En soek vir die reënboog

langs die pad, my skat

Hardloop in die see in met jou jeans aan

Kyk uit vir ‘n meermin

en deel in gesprekke oor al die mooi plekke

langs die kus

Bly bewus van jouself

Net nie te veel nie

ook nie te min nie

Maar net nie te veel nie

Ek wil hê jy moet saam sing

as musiek begin speel

En dans in die somer se reën

En soek vir die reënboog

langs die pad, my skat

En as jy ooit voel

die lewe is net een groot gesuffer

reik jou hande uit en help ‘n ander

met  minder as jy

Gaan maak iemand bly

want dan sal jy

altyd kan saam sing

as die musiek begin speel

En dans in die somer se reën

En soek vir die reënboog

langs die pad, my skat

Hardloop die see in met jou jeans aan

Kyk uit vir ‘n meermin

En as jy haar vind

is ek bly my kind

want ek weet

twee dromers is beter as een

GESKRYF EN GESING DEUR: KAREN ZOID

op haar nuutste cd ZOID AFRIKA

Die video bevat grepe van ou beeldmateriaal uit Karen se kinderdae


Responses

  1. Dis I baie baie mooi song vernaam die woorde, my kerel sing self en skryf sy eie musiek hys tans deel van die KTKV in die weskus en die 17de doen hy I hele paar songs van sy eie maar sal love as hy song kan cover, eerlik het al gegoogle vir die chords op die song as musiek begin speel en kry dit nie, maar ook slim van jou. Hy het I song geskryf met die naam Kinders en dit half vervolg jou song. Maar ja dalk eendag kan ons die song ook op radio luister.

  2. Heard this tonight whilst watching Skouspeel, Was in tears ……… absolutely beautiful. love the lyrics


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: