Posted by: schabbers | Mei 29, 2012

Die som van een

Ek het ‘n som van jou gemaak

ek het al die lig getel

die lig in lig- en duif- en donkerblou

die nag in ligjare     die dag in silwergroen

in die wit vuur in Septembergras

bymekaar getel        met die son gemaal

die donker niks van my niks van jou

daarvan afgetrek

en dié en ander woorde gekry

ek het die woorde getel

dié stiltes tussen woorde opgetel

en afgetrek

en een gekry

die som van my bestaan

soetsomerende

sagpletterende

sonnende en sneeuende vrou

ek het ‘n som van jou gemaak

en woorde

en stiltes tussen woorde gekry

Uit die bundel:  DIE SOM VAN EEN

Geskryf deur Jan de Bruyn©


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: