Posted by: schabbers | Junie 25, 2012

As ‘n kind sterf


begin die aarde bewe,

treur wilgers lang trane,

kruip verdriet in ‘n grot

en strooi die wind vlae

oor roesbruin grassade.

 

Die aarde skeur oop, o God,

om ‘n kind soos ‘n wond

wat nie meer kan bloei nie

in rou grond weg te bêre.

 

‘n Ma en pa prewel nat

woorde wat op ‘n wit kis

drup, druppels verlies

droog in die grond op.

 

Die son bedek sy gesig

met huilende wolke,

en die ou aarde sug

as ‘n kind sterf,

staan die heelal stil.

 

Geskryf deur Cas Vos©

 

 

 


Responses

  1. eina


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: