Posted by: schabbers | Junie 25, 2012

Jozi


my stad

staan soggens grootoog

en kaalvoet

op straathoeke en konsertina-asem

die seisoen in plastiekbotteltjies

terwyl taxi’s en bmw’s lyne

sny en snuif

laat september

vlos sy met weerlig

teen die rante en gorrel

die jaar se hangover weg

met donderweer

en dink dan bedruk

oor die laaste paar maande

dan hang sy

vir ’n halfuur uit

met vet druppels en bumper bashes,

haar maskara loop

wanneer sy vir ’n oomblik dink

aan die slapenaars

en oomfonteiners

my stad

is ’n fopdosser op steroids,

’n meisie wat haar man kan staan –

sy glimlag verleidelik

wanneer sy uit die gramadoelas

opstaan en maklik-maklik

die vloer met jou vee

GESRYF DEUR:  Jo Prins©

Kyk na die video waarin 3 digters hul gedigte voorlees oor hul geliefde stad JOHANNESBURG


Responses

  1. Dis ‘n mooi gedig oor ‘n lelike stad😉

  2. Ek hou van…


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: