Posted by: schabbers | Julie 2, 2012

Soms wens ek …..


Kan ons nie maar net vanaand

op die stoep bly sit

en kyk

na die berg se kaart

daar anderkant

Paarlberg se rant.

Kan ons nie maar net

weer sit en tel

hoeveel vingertjies daar is

aan een handjie

en luister as die kind

’n storie vertel.

Kan ons nie maar net sit

en na mekaar kyk

en kyk

sonder die verwyt

van elke dag

se moet uit.

 

NA WERK

GESKRYF DEUR:  Freddie Burger©


Responses

  1. Dis so vreeslik mooi!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: