Posted by: schabbers | Augustus 1, 2012

Karoo foto’s

Deur middel van ‘n Facebook vriend ontdek ek toe vandag die fotografie van CHRIS SNELLING

Dis veral sy foto’s van die Karoo wat vir my so mooi-mooi is

As ek na sulke tonele kyk, kan ek juis daarom Coenie se bewondering vir die Karoo verstaan.

Karoonag

As die nag sy baadjie toeknoop oor die veld.
En die diereriem sy blink tot teen die skerpioen laat lê.
As die tweeling en die kreef kotteljons oor Beaufort-Wes.
En die maan sy beker skink oor Graaff-Reinet.

   Ruik jy katbos en kambro, as dit reën in die Klein Karoo.
My hantamwind.
My optelkind, vanaand.
Ruik jy katbos en kambro, as dit reën in die Klein Karoo.
My hantamwind.
My optelkind, vanaand.

Hier vanaand.

In die môre, as dit blou word en die amber wolke roer.
As die son sy eerste lig, oor die bitterboela stoot.
As die trein by Noupoort fluit, en dit wegraak in die wind.
En ‘n tolbos iewers vas waai teen die rant.

Ruik jy katbos en kambro, as dit reën in die Klein Karoo.
My hantamwind.
My optelkind, vanaand.

Musiek en lirieke deur C de Villiers – Uitgewer – Songwrights Publishing

Gaan soek CHRIS SNELLING se bladsy op Facebook.  Daar is nog baie mooi foto’s

Dankie Freddie Burger vir die ontdekking daarvan!


Responses

  1. Baie baie baie mooi!

  2. Ooo hoe laat jy my nou verlang na daar wat dit ver is!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: