Posted by: schabbers | Augustus 3, 2012

Ek sal nie…

ek sal nie ‘n groot ding daarvan maak nie, wat
ek sal eendag ‘n handvol van die strand opskep,
die fyn en heel skulp, seegras, die bamboes, plastiek,
die fynhout – ek sal dit nie uitsoek nie,
ek sal dit net aanvat –
met die een hand ‘n skepvol van die strand
met die ander ‘n skepvol van die water
en die water oor die sandskep gooi en na jou toe aanloop
en voordat dit deur my vingers uitgespoel het
sal ek by jou wees en vir jou aangee

en jou wys hoedat die dagerade, perlemoene en die fabelskatte
van die cabo de boa esperanca, die singende wrakke
en die dom dors van drie eeue alles in my hande lê

vir jou, wat mos ‘n seëvaarder was

OPDRAG
Geskryf deur Petra Müller©

Skildery: SEASIDE SUMMER deur Vitali Bondarenko


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: