Posted by: schabbers | Augustus 6, 2012

Wie het ‘n nutsman nodig?

Dis nie ‘n erkenning wat ek gedink het ek ooit sou maak nie, maar daar is niks so bevrydend as om jou eie gate te boor nie!
Natuurlik sal ek nie omgee as daai sexy ou wat op een van die DStv-kanale goed oopspalk met sy kettingsaag na my behoeftes kan omsien nie, maar dis nie asof jy ‘n knoppie kan druk en hy verskyn skielik nie.
En nutsmanne werk ook nie vir die liefde van die saak nie. Hulle trek ‘n paar drade, boor ‘n paar gate en los meestal ‘n stewige rekening. 
Nou sit jy maar af na die hardewarewinkel, kry vir jou ‘n paar stukke gereedskap en ontdek jou innerlike nutsvrou.

En skielik ervaar jy dieselfde euforie as by ‘n boetiek-uitverkoping – jy voel net sóveel minder skuldig!

Die vraag is nie: wat is die huis sonder ‘n moeder nie – die vraag is:  wat is die huis sonder ‘n behoorlike hamer?

Vyftig is dalk die nuwe veertig – maar Builders Warehouse is die nuwe Truworths.

Wat jy nie eers besef nie, is dat ‘n hardewarewinkel jou stoutste drome oortref!

Geskryf deur: Maretta Bellingan – KLITSGRAS

Rapport 5 Aug 2012


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: