Posted by: schabbers | November 5, 2012

Al sou

Ek sal jou liefhê my heel lewe lank

selfs al sou die t’nouroevygie
in droë jare skaarser rank

al sou die sleepmis vroeg insleep
van die see af en die wilde-anys
toe-oog bly en die son vergeefs
ander wang vir die wêreld wys

al sou die ooswind knaend waai
en om ons net blylêgoed bly lê
net knapveld waar daar opslag was
en ons vergeefs grawe aan ‘n gorê

al sou ons sleepvoet en doekvoet loop
hande krom soos haakdoringbos
al het die wind die gousblom gestroop

al het die jare ons uitoorlê
sal ek jou heel my lewe lank bly liefhê

 

Geskryf deur George Weideman

Opgedra aan my seun en sy pragtige bruid – getroud op 3-11-2012

Mag julle vir ewig gelukkig wees soos vandag!

 

 

 

 


Responses

  1. Beautiful, dankie vir die gedig!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: