Posted by: schabbers | Februarie 28, 2013

telefoonboekie

tussen die lyne ingeskryf

is my ma se geskiedenis:

vriende van nou en toe

bloedfamilie halffamilie hartfamilie

soms dwarsweg en onalfabeties ingepas

waar daar ‘n hoek of spasie was

 

deurgetrek, oorgeskryf en uitgebrei

met elke geboorte, sterfte, huwelik of vertrek

het sy aankomelinge, weggegaandes en nuutgevondes

sekuur aangeteken en voorsien

van datum, tyd en plek

 

ek lees my ma se lewe

uit die boekie, tannie soekie tannie minnie

tannie bettie tannie naomi bel ek

vryburg welkom

kimberley de aar

om hulle te verwittig

van haar laaste vertrek

 

Uit:  IN DIE AFWESIGHEID VAN SIN

Susan Smith©


Responses

  1. Dis verskriklik mooi. My mamma in Bloemfontein ook vir oulaas koebaai gese in Julie verlede jaar en ek het ook haar telefoonboekie.

  2. Op soek na iets en kom hierop af
    en besef dit soos genade werk:
    onverwags en om elke hoek en draai
    en al wat ek kan se en doen
    is
    dankie


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: